Die klein bushalte in ons dorpie was bedrywig met mense en oorlaaide busse. Op die grond was nog goed wat gelaai moes word. Busbestuurders het die bestemmings geskree waarheen hul busse sou gaan.
Ĉe la malgranda bushaltejo en mia vilaĝo estis multa agado de homoj kaj superŝarĝitaj busoj. Sur la tero estis eĉ pli da ŝarĝoj. Helpantoj kriis la loknomojn kien iliaj busoj iris.
“Stad! Stad! Weste toe!” het ek ‘n busbestuurder hoor skree. Dit was die bus wat ek moes haal.
“Urbo! Urbo! Iranta okcidenten!” Mi aŭdis helpanton krii. Tio estis la buso, kiun mi devis kapti.
Die stadsbus was amper vol, maar nog mense het probeer inklim. Party het hul bagasie onderin die bus gepak. Ander het hulle s’n op die rakke binne-in gepak.
La urba buso estis preskaŭ plena, sed pli da homoj ankoraŭ antaŭenpuŝis. Iuj enmetis sian pakaĵon sub la buso. Aliaj metis la siajn interne sur la rakojn.
Nuwe passasiers het hul kaartjies vasgeklem terwyl hulle in die stampvol bus gesoek het vir sitplek. Vroue met klein kindertjies het hulle vir die lang reis gemaklik gemaak.
Novaj pasaĝeroj kroĉis siajn biletojn, dum ili serĉis ie sidiĝi en la homplena buso. Virinoj kun junaj infanoj faris ilin komfortaj por la longa vojaĝo.
Ek het myself langs ‘n venster ingedruk. Die persoon langs my het ‘n groen plastieksak styf vasgehou. Hy het ou sandale en ‘n verslete jas aangehad en baie senuweeagtig gelyk.
Mi alpremiĝis apud fenestro. Tiu, kiu sidis apud mi tenis firme verdan plastan sakon. Li portis malnovajn sandalojn, eluzitan mantelon, kaj li aspektis nervoza.
Ek het uitgekyk en besef dat ek my dorpie, die plek waar ek grootgeword het, moes verlaat. Ek was op pad na die groot stad toe.
Mi rigardis eksteren el la buso kaj rimarkis ke mi forlasis mian vilaĝon, la lokon, kie mi kreskis. Mi estis survoje al la granda urbo.
Die laaiwerk was klaar en al die passasiers het gesit. Smouse het steeds hul weg in die bus in gebaan om hul produkte aan passasiers te verkoop. Almal het geskree wat hulle gehad het om te verkoop. Die woorde het vir my snaaks geklink.
La ŝarĝado estis finfarita kaj ĉiuj pasaĝeroj sidis. Kolportistoj ankoraŭ enŝoviĝis en la buson por vendi siajn varojn al la pasaĝeroj. Ĉiuj kriis la nomojn de la haveblaj varoj. La vortoj sonis al mi strangaj.
‘n Paar passasiers het drinkgoed gekoop. Ander het versnaperinge gekoop en daaraan begin kou. Die wat soos ek geen geld gehad het nie, het hulle dopgehou.
Kelkaj pasaĝeroj aĉetis trinkaĵojn, aliaj aĉetis malgrandajn manĝetojn kaj komencis maĉi. Tiuj, kiuj ne havis monon, kiel mi, nur rigardis.
Die bedrywighede is deur die bus se getoeter onderbreek, ‘n teken dat ons gereed was om te vertrek. Die busbestuurder het vir die smouse geskree om uit die bus te klim.
Ĉi tiuj agadoj interrompis la hupadon de la buso, signo ke ni pretis foriri. La helpanto kriis ke la kolportistoj eliru.
Smouse het mekaar uit die pad gestoot om uit die bus uit te kom. Party het kleingeld aan reisigers gegee. Ander het nog ‘n laaste poging aangewend om meer te verkoop.
Kolportistoj puŝis unu la alian por elbusiĝi. Kelkaj redonis monŝanĝon al la vojaĝantoj. Aliaj faris lastatempajn klopodojn vendi pli da aĵoj.
Toe die bus die bushalte verlaat, het ek deur die venster gestaar. Ek het gewonder of ek ooit sou teruggaan na my dorpie toe.
Kiam la buso forlasis la bushaltejon, mi fiksrigardis tra la fenestro. Mi demandis min ĉu mi iam revenos al mia vilaĝo.
Soos die reis gevorder het, het dit baie warm geword in die bus. Ek het my oë toegemaak en gehoop ek kon slaap.
La vojaĝo progresis, kaj la interno de la buso tre varmiĝis. Mi fermis miajn okulojn esperante dormi.
My gedagtes het egter huis toe gedwaal. Sal my ma veilig wees? Sal my hasies geld maak? Sal my boetie onthou om my boompies water te gee?
Sed mia menso vagis hejmen. Ĉu mia patrino estos sekura? Ĉu miaj kunikloj havigos monon? Ĉu mia frato memoros akvumi miajn ĝermintajn arbetojn?
Op pad het ek die plek waar my oom in die groot stad bly, gememoriseer. Ek het dit steeds gemompel toe ek aan die slaap raak.
Survoje mi enmemorigis la nomon de la loko, kie mia onklo loĝis en la granda urbo. Mi ankoraŭ murmuris ĝin, kiam mi ekdormis.
Nege ure later het ek wakker geword van ‘n harde gehamer en ‘n geroep na passasiers wat na my dorpie toe wou gaan. Ek het my sakkie gegryp en uit die bus gespring.
Naŭ horoj poste mi vekiĝis pro laŭta ekbruo kaj voko al pasaĝeroj kiuj reiros al mia vilaĝo. Mi ekprenis mian saketon kaj saltis el la buso.
Die bus wat sou teruggaan, was vinnig besig om vol te word. Binnekort sou dit ooswaarts gaan. Die belangrikste vir my was om te begin soek na my oom se huis.
La buso veturonta reen rapide pleniĝis . Baldaŭ ĝi reiros orienten. La plej grava afero por mi nun estis serĉi la domon de mia onklo.