Sakima het saam met sy ouers en vierjarige suster op ‘n ryk man se grond gewoon. Hulle grasdak-hut was aan die einde van ‘n ry bome.
Sakima vivis kun siaj gepatroj kaj sia kvarjara fratino. Ili vivis sur la tereno de riĉulo. Ilia pajlo-tegmenta kabano staris je la fino de arbovico.
Toe Sakima drie jaar oud was, het hy siek geword en sy sig verloor. Sakima was ‘n talentvolle seun.
Kiam Sakima havis tri jarojn, li malsanis kaj perdis sian vidon. Sakima estis talentplena knabo.
Sakima het baie dinge gedoen wat ander sesjarige seuns nie gedoen het nie. Hy kon byvoorbeeld saam met ouer mense van die dorpie sit en belangrike sake bespreek.
Sakima faris multajn aferojn, kiujn aliaj sesjaraj knaboj ne faris. Ekzemple li povis sidi kun la pli aĝaj vilaĝanoj kaj diskuti gravajn aferojn.
Sakima se ouers het by die ryk man se huis gewerk. Hulle het vroegoggend van die huis af weggegaan en laataand teruggekom. Sakima het by sy sussie gebly.
La gepatroj de Sakima laboris ĉe la domo de la riĉulo. Ili eliris la hejmon frumatene kaj revenis malfrue vespere. Sakima estis lasita kun sia fratineto.
Sakima het gehou van sing. Eendag het sy ma hom gevra: “Waar leer jy die liedjies, Sakima?”
Sakima ŝategis kanti kantojn. Iun tagon lia patrino demandis lin, “De kie eklernis vi tiujn ĉi kantojn, Sakima?”
Sakima het geantwoord, “Hulle kom net, Mamma. Ek hoor hulle in my kop en dan sing ek.”
Sakima ripondis, “Ili simple venas, patrino. Mi aŭdas ilin en mia kapo kaj tiam mi kantas.”
Sakima het daarvan gehou om vir sy sussie te sing, veral as sy honger was. Sy sussie sou luister hoe hy sy geliefkoosde lied sing. Sy sou wieg op die maat van die strelende musiek.
Sakima ŝatis kanti por sia fratineto, precipe se ŝi malsatis. Lia fratino aŭskultus lin kanti sian plej ŝatatan kanton. Ŝi kutimis svingiĝi laŭ la trankviliga melodio.
“Sal jy dit weer en weer sing, Sakima,” het sy sussie hom gesmeek. Sakima sou instem en dit oor en oor sing.
“Ĉu vi povas kanti ĝin ree kaj ree, Sakima?” lia fratino petis lin. Sakima do akceptis kaj kantis ĝin ree kaj ree.
Een aand toe sy ouers tuiskom, was hulle baie stil. Sakima het geweet dat iets verkeerd was.
Iun vesperon, kiam liaj gepatroj revenis hejmen, ili tre silentis. Sakima sciis ke io ne ĝustas.
“Wat is verkeerd, Mamma, Pappa?” het Sakima gevra. Hy moes hoor dat die ryk man se seun vermis was. Die man was baie hartseer en eensaam.
“Kio ne ĝustas, patrino, patro?” Sakima demandis. Sakima sciĝis ke la filo de la riĉulo mankas. La viro estis tre malĝoja kaj soleca.
“Ek kan vir hom sing. Miskien kan hy weer gelukkig wees,” het Sakima vir sy ouers gesê. Maar sy ouers het nee gesê. “Hy is baie ryk. Jy is net ‘n blinde seuntjie. Dink jy jou lied sal hom help?”
“Mi povas kanti por li. Li eble feliĉos denove,” Sakima diris al siaj gepatroj. Sed liaj gepatroj malakceptis lin. “Li estas tre riĉa. Vi nur estas blinda knabo. Ĉu vi kredas ke via kanto povos helpi lin?”
Sakima het nie opgegee nie. Sy sussie het hom ondersteun. Sy het gesê: “Sakima se liedjies troos my as ek honger is. Hulle sal die ryk man ook troos.”
Tamen Sakima ne rezignis. Lia fratineto subtenis lin. Ŝi diris, “La kantoj de Sakima trankviligas min, kiam mi malsatas. Ili trankviligos ankaŭ la riĉulon.”
Die volgende dag het Sakima sy sussie gevra om hom na die ryk man se huis toe te lei.
La sekvan tagon Sakima petis sian fratineton gvidi lin al la domo de la riĉulo.
Hy het onder die een groot venster gaan staan en begin om sy geliefkoosde lied te sing. Stadig het die ryk man se kop deur die groot venster sigbaar geword.
Li staris sub granda fenestro kaj ekkantis sian plej ŝatatan kanton. Malrapide la kapo de la riĉulo ekaperis tra la granda fenestro.
Die werkers het hul werk gestaak. Hulle het na Sakima se pragtige lied geluister. Een van die mans het egter gesê: “Niemand kon nog die baas vertroos nie. Dink hierdie blinde seun hy kan hom troos?”
La laboristoj haltigis sian laboron. Ili aŭskultis la belan kanton de Sakima. Sed unu el la viroj diris, “Neniu povis konsoli la ĉefon. Ĉu tiu blinda knabo kredas ke li povas konsoli lin?”
Sakima het sy lied klaar gesing en omgedraai om weg te gaan, maar die ryk man het buitentoe gehardloop en gesê: “Sing asseblief weer.”
Sakima finis la kantadon kaj turniĝis por foriri. Sed la riĉulo rapidis eksteren kaj diris, “Mi petas, kantu denove.”
Op daardie oomblik het twee mans met iemand op ‘n draagbaar aangekom. Hulle het die ryk man se seun gekry. Hy was geslaan en langs die pad gelaat.
Ĝuste tiumomente du viroj venis portante iun sur homportilo. Ili trovis la filon de la riĉulo batitan kaj forlasitan sur la flanko de la vojo.
Die ryk man was so bly om sy seun weer te sien. Hy het Sakima beloon omdat hy hom getroos het. Hy het sy seun en Sakima hospitaal toe geneem, sodat Sakima sy sig kon herwin.
La riĉulo tiel ĝojis revidi sian filon. Li rekompencis Sakima por konsili lin. Li kunprenis sian filon kaj Sakima al la malsanulejo por regajnigi la vidon al Sakima.