Ouma se tuin was wonderlik, vol sorghum, gars en maniok. Maar die beste van alles was die piesangs. Alhoewel Ouma baie kleinkinders gehad het, het ek in die geheim geweet ek is haar gunsteling. Sy het my dikwels na haar huis genooi. Sy het vir my geheimpies vertel. Maar daar was een geheim wat sy nie met my gedeel het nie: waar sy haar piesangs rypgemaak het.
La ĝardeno de avinjo estis mirinda, plena da sorgo, milio kaj manioko. Sed plej bonaj de ĉio estis la bananoj. Kvankam avinjo havis multajn genepojn, mi sekrete sciis, ke mi estas ŝia plej ŝatata. Ŝi ofte invitis min al sia domo. Ŝi ankaŭ diris al mi sekretetojn. Sed estis unu sekreto, kiun ŝi ne dividis kun mi: kie ŝi maturigis bananojn.
Eendag het ek ‘n groot grasmandjie in die son buite Ouma se huis gesien. Toe ek gevra het waarvoor dit was, was die enigste antwoord wat ek gekry het, “Dit is my towermandjie.” Langs die mandjie was verskeie piesangblare wat Ouma kort-kort omgedraai het. Ek was nuuskierig. “Waarvoor is die blare, Ouma?” het ek gevra. Die enigste antwoord wat ek gekry het, was: “Hulle is my towerblare.”
Iun tagon mi vidis grandan pajlan korbon metitan en la sunbrilo ekster la domo de avino. Kiam mi demandis, por kio ĝi utilas, la sola respondo, kiun mi ricevis, estis: “Ĝi estas mia magia korbo.” Apud la korbo, estis pluraj bananfolioj, kiujn avino turnis de tempo al tempo. Mi scivolis. “Por kio servas la folioj, avinjo?” Mi demandis. La sola respondo, kiun mi ricevis, estis: “Ili estas miaj magiaj folioj.”
Dit was so interessant om na Ouma, die piesangs, die piesangblare en die groot grasmandjie te kyk. Maar Ouma het my na my ma toe gestuur om iets te doen. “Ouma, laat my asseblief toe om te kyk hoe u voorberei…” “Moenie hardkoppig wees nie, kind, maak soos ek sê, ” het sy aangedring. Ek het weggehardloop.
Estis tre interesa rigardi Avinjon, la bananojn, la bananajn foliojn kaj la grandan pajlan korbon. Sed avinjo sendis min al mia patrino pro komisio. “Avinjo, mi petas, lasu min rigardi dum vi preparas …” “Ne obstinu, infano, faru tion, kion oni diras al vi,” ŝi insistis. Mi ekkuris.
Toe ek terugkom, het Ouma buite gesit, maar daar was geen mandjie of piesangs nie. “Ouma, waar is die mandjie, waar is al die piesangs en waar…” Maar die enigste antwoord wat ek gekry het, was “Hulle is in my towerplek.” Dit was so ‘n teleurstelling!
Kiam mi revenis, avinjo sidis ekstere sed kun nek la korbo nek la bananoj. “Avinjo, kie estas la korbo, kie estas ĉiuj bananoj, kaj kie …” Sed la sola respondo, kiun mi ricevis, estis: “Ili estas en mia magia loko.” Ĝi estis tre seniluziiga!
Twee dae later het Ouma my gestuur om haar kierie in haar slaapkamer te gaan haal. Toe ek die deur oopmaak, is ek begroet deur die skerp geur van rypwordende piesangs. In die binneste kamer was Ouma se groot tower grasmandjie. Dit was goed weggesteek onder ‘n ou kombers. Ek het dit opgelig en die heerlike reuk ingeasem.
Du tagojn poste, avinjo sendis min preni ŝian bastonon el sia dormoĉambro. Tuj kiam mi malfermis la pordon, bonvenigis min la forta odoro de maturaj bananoj. En la interna ĉambro estis la granda magia pajla korbo de avinjo. Ĝi estis bone kaŝita sub malnova litkovrilo. Mi levis ĝin kaj flaris tiun gloran odoron.
Ouma se stem het my laat skrik toe sy roep, “Wat maak jy? Maak gou en bring my kierie.” Ek het vinnig uitgegaan met haar kierie. “Waaroor glimlag jy?” het Ouma gevra. Haar vraag het my laat besef dat ek steeds geglimlag het omdat ek haar towerplek ontdek het.
La voĉo de avinjo surprizis min, kiam ŝi vokis: “Kion vi faras? Rapidu kaj alportu al mi la bastonon.” Mi elrapidis kun ŝia bastono. “Pri kio vi ridetas?” Avinjo demandis. Ŝia demando konstatigis min, ke mi ankoraŭ ridetis pro la malkovro de ŝia magia loko.
Die volgende dag toe Ouma by my ma kom kuier het, het ek na haar huis gehardloop om weer na die piesangs te kyk. Daar was ‘n paar wat baie ryp was. Ek het een afgepluk en dit in my rok weggesteek. Nadat ek die mandjie weer toegemaak het, het ek dit vinnig agter die huis gaan eet. Dit was die soetste piesang wat ek nog ooit geproe het.
La sekvan tagon, kiam avinjo vizitis mian patrinon, mi rapidis al ŝia domo por denove kontroli la bananojn. Estis aro tre matura. Mi elektis unu kaj kaŝis ĝin en mia robo. Ree kovrinte la korbon, mi iris malantaŭ la domon kaj rapide manĝis ĝin. Ĝi estis la plej dolĉa banano, kiun mi iam gustumis.
Die volgende dag terwyl Ouma in die tuin groente gepluk het, het ek weer ingesluip en na die piesangs geloer. Amper almal was ryp. Ek kon nie help om ‘n tros van vier te gryp nie. Toe ek op my tone deur toe sluip, hoor ek Ouma buite hoes. Ek het net betyds die piesangs onder my rok weggesteek en by haar verby geloop.
La sekvan tagon, kiam avinjo estis en la ĝardeno, rikoltante legomojn, mi enŝteliĝis kaj rigardis la bananojn. Preskaŭ ĉiuj maturiĝis. Mi ne povis ne preni kvar. Dum mi piedpintis al la pordo, mi aŭdis la tuson de avinjo ekstere. Mi sukcesis ekkaŝi la bananojn sub mia robo kaj preterpasis ŝin.
Die volgende dag was markdag. Ouma het vroeg opgestaan. Sy het altyd piesangs en maniok geneem om by die mark te verkoop. Ek was nie haastig om daardie dag by haar te gaan kuier nie. Maar ek kon haar nie lank vermy nie.
La sekva tago estis bazara tago. Avinjo frue vekiĝis. Ŝi ĉiam prenis maturajn bananojn kaj maniokon por vendi en la bazaro. Mi ne rapidis viziti ŝin tiun tagon. Sed mi ne povis eviti ŝin longe.
Later die aand is ek deur my ma, pa en ouma geroep. Ek het geweet waarom. Daardie nag toe ek gaan slaap, het ek geweet dat ek nooit weer sou steel nie, nie van my ouma, of van my ouers en beslis nie van enigiemand anders nie.
Poste tiun vesperon vokis min mia patrino kaj patro, kaj Avinjo. Mi sciis kial. Tiun nokton, kiam mi ekdormis, mi sciis, ke mi neniam plu povos ŝteli, ne de avinjo, ne de miaj gepatroj, kaj certe ne de iu alia.