Elŝuti PDF-on
Reiri al la rakontolisto

Wat Vusi se suster gesê het Tio, kion diris la fratino de Vusi

Verkita de Nina Orange

Ilustrita de Wiehan de Jager

Tradukita de Nadine Langley, Helena Vilonel

Laŭtlegita de Helena Vilonel

Lingvo afrikansa

Nivelo 4-a nivelo

Laŭtlegi la tutan rakonton

Legrapideco

Aŭtomate ludi la rakonton


Vroeg een oggend het Vusi se ouma hom geroep en gesê, “Vusi, neem asseblief hierdie eier na jou ouers toe. Hulle het dit nodig om ‘n groot koek te bak vir jou suster se troue.”

Frue iun matenon la avino de Vusi vokis lin, “Vusi, bonvolu porti tiun ĉi ovon al viaj gepatroj. Ili volas fari grandan kukon por la edziniĝo de via fratino.”


Op pad na sy ouers het Vusi twee seuns raakgeloop wat besig was om vrugte te pluk. Een seun het die eier uit Vusi se hand gegryp en dit na ‘n boom gegooi. Die eier het gebreek.

Survoje al siaj gepatroj Vusi renkontis du knabojn kiuj kolektis fruktojn. Unu el la knaboj ekprenis la ovon de Vusi kaj pafis ĝin al arbo. La ovo rompiĝis.


“Wat het jy gedoen?” skree Vusi. “Daardie eier was vir ‘n koek vir my suster se troue. Wat gaan my suster sê as daar nie ‘n troukoek is nie?”

“Kion vi faris?” ekkriis Vusi. “Tiu ovo estis por kuko. La kuko estis por la edziniĝo de mia fratino. Kion diros mia fratino, se ne estos geedziĝa kuko?”


Die seuns was baie jammer. “Ons kan nie help met die koek nie, maar hier is ‘n kierie vir jou suster,” het een gesê. Vusi is toe weer op pad.

La knaboj tre bedaŭris ke ili mokis Vusi. “Ni ne povas helpi pri la kuko, sed jen bastono por via fratino,” unu el ili diris. Vusi daŭrigis sian vojaĝon.


Langs die pad het hy twee mans ontmoet wat besig was om ‘n huis te bou. “Kan ons daardie sterk stok gebruik?” vra een. Vusi gee toe die stok vir hom, maar die stok was nie sterk genoeg vir bouwerk nie en het gebreek.

Survoje li renkontis du virojn kiuj konstruis domon. “Ĉu ni povas uzi tiun fortan bastonon?” demandis unu el ili. Sed la bastono ne estis sufiĉe forta, kaj ĝi rompiĝis.


“Wat het jy gedoen?” huil Vusi. “Daardie stok was ‘n trougeskenk vir my suster. Die vrugteplukkers het vir my die stok gegee omdat hulle die eier wat in die koek sou wees, gebreek het. Die koek was vir my suster se troue. Nou is daar geen eier, koek of geskenk nie. Wat gaan my suster sê?”

“Kion vi faris?” ekkriis Vusi. “Tiu bastono estis donaco por mia fratino. La fruktokolektistoj donis la bastonon al mi, ĉar ili rompis la ovon por la kuko. La kuko estis por la geedziĝo de mia fratino. Nun estas neniu ovo, neniu kuko, kaj neniu donaco. Kion diros mia fratino?”


Die bouers het sleg gevoel omdat hulle die stok gebreek het. “Ons kan nie help met die koek nie, maar hier is ‘n bondel gras vir jou suster,” het een gesê. En so het Vusi voortgegaan met sy reis.

La konstruistoj tre bedaŭris ke ili rompis la bastonon. “Ni ne povas helpi pri la kuko, sed jen iom da tegmenta pajlo por via fratino,” diris unu el ili. Kaj do Vusi daŭrigis sian vojaĝon.


Daarna het Vusi ‘n boer met ‘n koei ontmoet. “Daardie gras lyk heerlik. Kan ek ‘n happie kry?” vra die koei. Maar die gras was so smaaklik dat die koei alles opgeëet het!

Survoje Vusi renkontis bieniston kaj bovinon. “Kia bongusta pajlo, ĉu mi rajtas manĝeti iomete?” demandis la bovino. Sed la pajlo estis tiel bongusta, ke la bovino manĝis ĉiom!


“Wat het jy gedoen?” skree Vusi. “Daardie gras was ‘n geskenk vir my suster. Die bouers het dit vir my gegee omdat hulle die stok gebreek het wat ek by die vrugteplukkers gekry het. Die vrugteplukkers het die stok vir my gegee omdat hulle die eier vir my suster se koek gebreek het. Die koek was vir my suster se troue. Nou is daar geen eier nie, geen koek nie en geen geskenk nie. Wat sal my suster sê?”

“Kion vi faris?” ekkriis Vusi? “Tiu pajlo estis donaco por mia fratino. La konstruistoj donis la pajlon al mi, ĉar ili rompis la bastonon de la fruktokolektistoj. La fruktokolektistoj donis la bastonon al mi, ĉar ili rompis la ovon por la kuko de mia fratino. La kuko estis por la edziniĝo de mia fratino. Nun estas neniu ovo, neniu kuko, kaj neniu donaco. Kion diros mia fratino?”


Die koei was vreeslik jammer dat sy so gulsig was. Die boer het saamgestem dat die koei saam met Vusi gaan as ‘n geskenk aan sy suster. En so het Vusi voortgegaan.

La bovino tre bedaŭris ke ŝi tiel avidis. La bienisto konsentis ke la bovino iru kun Vusi kiel donaco por lia fratino. Kaj Vusi pluiris sur la vojo.


Maar later in die dag het die koei teruggehardloop na die boer toe. Dit het Vusi lank geneem om by die troue uit te kom en die gaste het alreeds begin eet.

Sed la bovino rekuris al la bienisto je horo vespermanĝa. Kaj Vusi perdiĝis dum sia vojaĝo. Li alvenis tre malfrue por la geedziĝo de sia fratino. La gastoj jam estis manĝantaj.


“Wat moet ek nou doen?” vra Vusi. “Die koei wat weggehardloop het was ‘n geskenk in ruil vir die gras wat die bouers vir my gegee het. Die bouers het vir my gras gegee omdat hulle die stok gebreek het wat ek by die vrugteplukkers gekry het. Die vrugteplukkers het die stok vir my gegee omdat hulle die eier vir my suster se koek gebreek het. Die koek was vir my suster se troue. Nou is daar geen eier nie, geen koek nie en geen geskenk nie.”

“Kion mi faru?” ekkriis Vusi. “La bovino kiu forkuris estis donaco, kompense pro la pajlo, kiun donis al mi la konstruistoj. La konstruistoj donis al mi la pajlon, ĉar ili rompis la bastonon de la fruktokolektistoj. La fruktokolektistoj donis al mi la bastonon, ĉar ili rompis la ovon por la kuko. La kuko estis por la geedziĝo. Nun estas neniu ovo, neniu kuko, kaj neniu donaco.”


Vusi se suster het gehoor wat hy sê en vir ‘n oomblik gedink voordat sy antwoord. “Vusi, my broer, ek gee regtig nie om oor geskenke nie. Ek gee nie eers om oor die koek nie! Ons is almal saam hier en daaroor is ek gelukkig. Gaan trek nou jou deftige klere aan en kom vier saam met ons hierdie spesiale dag!” En dit is net wat Vusi gedoen het.

La fratino de Vusi pensis iomete, tiam ŝi diris, “Vusi, mia frato, ne vere gravas al mi la donacoj. Eĉ ne la kuko! Ni ĉiuj estas kune ĉi tie, do mi ĝojas. Nun surmetu viajn bonajn vestaĵojn, kaj ni festu tiun ĉi tagon!” Kaj do Vusi tion faris.


Verkita de: Nina Orange
Ilustrita de: Wiehan de Jager
Tradukita de: Nadine Langley, Helena Vilonel
Laŭtlegita de: Helena Vilonel
Lingvo: afrikansa
Nivelo: 4-a nivelo
Fonto: What Vusi's sister said el la Afrika Rakontolibro
Krea Komunaĵo Permesilo
Ĉi tiu verko estas disponebla laŭ la permesilo Krea Komunaĵo Atribuite 3.0 Tutmonda.
Opcioj
Reiri al la rakontolisto Elŝuti PDF-on