In die besige stad, Nairobi, ver verwyder van ‘n liefdevolle huis, het ‘n groep daklose seuns gewoon. Hulle het elke dag maar gevat soos dit kom. Een oggend het die seuns hulle slaapmatte gepak nadat hulle op die koue sypaadjie geslaap het. Om die koue weg te hou, het hulle vuur gemaak met rommel. Magozwe was die jongste seun in die groep.
En la okupata urbo Najrobo, malproksime de zorgema vivo hejme, loĝis grupo de senhejmaj knaboj. Ili bonvenigis ĉiun tagon kiel ajn ĝi venis. Unu mateno, la knaboj pakis siajn matojn post dormado sur malvarmaj trotuaroj. Por forpeli la malvarmon ili ekbruligis fajron per rubo. Inter la grupo de knaboj estis Magozwe. Li estis la plej juna.
Magozwe was net vyf jaar oud toe sy ouers gesterf het. Hy het by sy oom gaan bly. Hierdie man het nie vir die kind omgegee nie. Hy het nie vir Magozwe genoeg kos gegee nie en het hom baie harde werk laat doen.
Kiam la gepatroj de Magozwe mortis, li havis nur kvin jarojn. Li iris loĝi kun sia onklo. Ĉi tiu viro ne zorgis pri la infano. Li ne donis al Magozwe sufiĉe da manĝaĵo. Li igis la knabon multe labori.
As Magozwe kla of vrae vra, het sy oom hom geslaan. Toe Magozwe vra of hy skool toe mag gaan, het sy oom hom geslaan en gesê, “Jy is te dom om enigiets te leer.” Na drie lange jare van hierdie slegte behandeling het Magozwe weggeloop van sy oom af. Hy het op straat begin lewe.
Se Magozwe plendis aŭ demandis, lia onklo batis lin. Kiam Magozwe petis, ĉu li povas iri al lernejo, lia onklo batis lin kaj diris: “Vi estas tro stulta por lerni ion ajn.” Post tri jaroj de ĉi tiu traktado Magozwe forkuris de sia onklo. Li ekloĝis surstrate.
Die straatlewe was moeilik. Die meeste van die seuns het gesukkel om kos in die hande te kry. Hulle is soms gearresteer of geslaan. As hulle siek was, was daar geen hulp nie. Die groep moes staatmaak op die klein bietjie geld wat hulle gekry het deur op straat te bedel en ook deur plastiek en ander herwinbare goed te verkoop. Die lewe was selfs nog moeiliker as gevolg van gevegte met vyandige groepe wat dele van die stad wou beheer.
Strata vivo estis malfacila kaj la plej multo de la knaboj luktis ĉiutage nur por akiri manĝon. Foje ili estis arestitaj, foje batitaj. Kiam ili estis malsanaj, estis neniu por helpi. La grupo dependis de la malmulta mono, kiun ili akiris de almozpetado, kaj de vendado de plastoj kaj aliaj reciklado. La vivo estis eĉ pli malfacila pro bataloj kun rivalaj grupoj, kiuj volis regi partojn de la urbo.
Eendag, terwyl Magozwe in asblikke krap, kry hy ‘n ou stukkende storieboek. Hy het die vuilgoed afgevee en die boek in sy sak gesit. Elke dag daarna het hy die boek uitgehaal en na die prente gekyk. Hy het nie geweet hoe om die woorde te lees nie.
Iun tagon, dum Magozwe trarigardis la rubujojn, li trovis malnovan ĉifonan rakontolibron. Li purigis la malpuraĵon de ĝi kaj metis ĝin en sian sakon. Ĉiutage poste li elprenis la libron kaj rigardis la bildojn. Li ne sciis kiel legi la vortojn.
Die prente het die storie vertel van ‘n seun wat ‘n vlieënier geword het. Magozwe het daarvan gedroom om ook eendag ‘n vlieënier te word. Hy het soms gedroom dat hy die seun in die storie is.
La bildoj rakontis la historion de knabo, kiu fariĝis piloto. Magozwe revus esti piloto. Foje, li imagis, ke li estas la knabo en la rakonto.
Dit was koud en Magozwe het op straat staan en bedel toe ‘n man na hom aangestap kom en met hom begin praat. “Hallo, my naam is Thomas. Ek werk hier naby by ‘n plek waar ‘n mens iets kan kry om te eet,” het hy gesê. Hy het na ‘n geel huis met ‘n blou dak beduie. “Wil jy nie soontoe gaan om kos te kry nie?” het hy gevra. Magozwe het na die man gekyk en dan na die huis. “Miskien,” het hy gesê en weggestap.
Malvarmis kaj Magozwe staris sur la vojo almozpetante. Viro iris al li. “Saluton, mi estas Tomaso. Mi laboras proksime ĉi tie, en loko, kie vi povas havi ion por manĝi,” diris la viro. Li indikis flavan domon kun blua tegmento. “Mi esperas, ke vi iros tien por iom manĝi?” li demandis. Magozwe rigardis la viron, kaj poste la domon. “Eble,” li diris, kaj foriris.
Oor die volgende paar maande het die daklose seuns daaraan gewoond geraak om vir Thomas te sien. Hy het graag met mense gepraat, veral mense wat op straat bly. Thomas het geluister na die mense se lewensverhale. Hy was ernstig en geduldig. Hy was nooit lelik of sonder respek nie. Sommige seuns het begin om smiddags na die geel en blou huis te gaan om kos te kry.
Dum la sekvaj monatoj, la senhejmaj knaboj kutimis vidi Tomason. Li ŝatis paroli kun homoj, precipe homoj surstrate. Tomaso aŭskultis la rakontojn pri la vivoj de homoj. Li estis serioza kaj pacienca, neniam malĝentila aŭ senrespekta. Iuj el la knaboj komencis iri al la flava kaj blua domo por manĝi tagmeze.
Eendag het Magozwe op die sypaadjie gesit en na sy prenteboek gekyk toe Thomas langs hom kom sit. “Waaroor gaan die storie?” het Thomas gevra. “Dit gaan oor ‘n seun wie ‘n vlieënier geword het,” antwoord Magozwe. “Wat is die seun se naam?” het Thomas gevra. “Ek weet nie, ek kan nie lees nie,” het Magozwe sag gesê.
Magozwe sidis sur la trotuaro rigardante sian bildlibron, kiam Tomaso sidiĝis apud li. “Pri kio temas la rakonto?” demandis Tomaso. “Temas pri knabo, kiu fariĝas piloto,” respondis Magozwe. “Kiel nomiĝas la knabo?” demandis Tomaso. “Mi ne scias, mi ne scias legi,” diris Magozwe mallaŭte.
Uiteindelik het Magozwe sy eie storie vir Thomas vertel. Die storie was oor sy oom en hoekom hy weggeloop het. Thomas het nie baie gepraat nie. Hy het ook nie vir Magozwe vertel wat om te doen nie, maar hy het altyd baie mooi geluister. Hulle het soms gesels terwyl hulle geëet het by die huis met die blou dak.
Kiam ili renkontiĝis, Magozwe komencis rakonti sian propran historion al Tomaso. Ĝi estis la rakonto de lia onklo kaj kial li forkuris. Tomaso ne multe parolis, kaj li ne diris al Magozwe kion fari, sed li ĉiam aŭskultis atente. Foje ili parolis dum ili manĝis ĉe la domo kun la blua tegmento.
Met Magozwe se tiende verjaarsdag het Thomas vir hom ‘n nuwe storieboek gegee. Dit was die verhaal van ‘n arm seun van ‘n klein dorpie wat ‘n bekende sokkerspeler geword het. Thomas het die storie keer op keer vir Magozwe gelees. Eendag sê hy, “Ek dink dit is tyd dat jy skool toe gaan en self leer lees. Wat dink jy?” Thomas het verduidelik dat hy weet van ‘n plek waar kinders kan woon en skool toe gaan.
Proksime al la deka naskiĝtago de Magozwe, Tomaso donis al li novan rakontolibron. Ĝi estis rakonto pri vilaĝa knabo, kiu kreskis esti fama futbalisto. Tomaso legis tiun rakonton al Magozwe multfoje, ĝis unu tago li diris, “Mi pensas, ke venis la tempo, por vi iri al lernejo kaj lerni kiel legi. Kion vi pensas?” Tomaso klarigis, ke li scias pri loko, kie infanoj povas loĝi kaj iri al lernejo.
Magozwe het gedink aan die nuwe plek en aan skool toe gaan. Wat as sy oom reg was – sê nou net hy is te dom om iets te leer? Wat as hulle hom by die nuwe plek gaan slaan? Hy was bang. “Dis miskien beter om voort te gaan om op straat te leef, ” het hy gedink.
Magozwe pensis pri ĉi tiu nova loko, kaj pri irado al lernejo. Kaj kio se lia onklo pravus kaj li estus tro stulta por lerni ion ajn? Kio se ili batus lin ĉe ĉi tiu nova loko? Li timis. “Eble estas pli bone resti loĝanta sur la strato,” li pensis.
Hy het sy vrese met Thomas gedeel. Met tyd het die man die seun gerusgestel dat die lewe by die nuwe plek beter kon wees.
Li dividis siajn timojn kun Tomaso. Post iom da tempo la viro trankviligis la knabon, ke la vivo povus esti pli bona ĉe la nova loko.
Dit is hoe Magozwe uiteindelik in ‘n kamer, in ‘n huis met ‘n groen dak gaan bly het. Hy het die kamer met twee ander seuns gedeel. Altesaam het daar tien kinders in daardie huis gebly. Saam met Tannie Cissy en haar man, drie honde, ‘n kat en ‘n ou bok.
Kaj tiel Magozwe translokiĝis en ĉambron en domo kun verda tegmento. Li dividis la ĉambron kun du aliaj knaboj. Entute estis dek infanoj loĝantaj en tiu domo. Kune kun onklino Cissy kaj ŝia edzo, tri hundoj, kato, kaj maljuna kapro.
Magozwe het begin skoolgaan. Dit was moeilik en hy moes baie werk inhaal. Hy wou somtyds moed opgee, maar dan dink hy aan die vlieënier en die sokkerspeler in die storieboeke. Net soos hulle het hy nie opgegee nie.
Magozwe komencis lernejon kaj ĝi estis malfacila. Li havis multon por lerni post malfrua komenco. Foje li volis rezigni. Sed li pensis pri la piloto kaj la futbalisto en la rakontolibroj. Kiel ili, li ne rezignis.
Magozwe het in die erf van die huis met die groen dak gesit, besig om ‘n storieboek van die skool te lees. Thomas het langs hom kom sit. “Waaroor gaan die storie?” het Thomas gevra. “Dit gaan oor ‘n seun wie ‘n onderwyser geword het,” het Magozwe geantwoord. “Wat is die seun se naam?” het Thomas gevra. “Sy naam is Magozwe,” het Magozwe met ‘n glimlag geantwoord.
Magozwe sidis en la korto ĉe la domo kun la verda tegmento, legante rakontolibron de la lernejo. Tomaso venis kaj sidis apud li. “Pri kio temas la rakonto?” demandis Tomaso. “Temas pri knabo, kiu fariĝas instruisto,” respondis Magozwe. “Kiel nomiĝas la knabo?” demandis Tomaso. “Li nomiĝas Magozwe,” diris Magozwe ridetante.