Elŝuti PDF-on
Reiri al la rakontolisto

Vakansies by Ouma Ferioj kun avino

Verkita de Violet Otieno

Ilustrita de Catherine Groenewald

Tradukita de Fanie Viljoen, Helena Vilonel

Laŭtlegita de Helena Vilonel

Lingvo afrikansa

Nivelo 4-a nivelo

Laŭtlegi la tutan rakonton

Legrapideco

Aŭtomate ludi la rakonton


Odongo en Apiyo het in die stad by hulle pa gewoon. Hulle het uitgesien na die vakansie. Nie net omdat die skool gesluit was nie, maar omdat hulle by hulle ouma sou gaan kuier. Sy het in ‘n vissersdorpie naby ‘n groot meer gewoon.

Odongo kaj Apiyo loĝis en la urbo kun sia patro. Ili antaŭĝojis la ferioperiodon. Ne nur pro la lernejo estis fermita, sed pro ili vizitis sian avinon. Ŝi loĝis en fiŝkaptista vilaĝo proksime al granda lago.


Odongo en Apiyo was opgewonde omdat dit weer tyd was om by haar te gaan kuier. Die aand voor hulle vertrek, het hulle hul tasse gepak en gereed gemaak vir die lang reis na die dorpie. Hulle kon nie slaap nie en het die hele nag oor die vakansie gepraat.

Odongo kaj Apiyo estis ekscititaj, ĉar venis la tempo viziti sian avinon denove. La antaŭan nokton ili pakis siajn sakojn kaj pretiĝis por la longa vojaĝo al ŝia vilaĝo. Ili ne povis dormi kaj parolis la tutan nokton pri la ferio.


Vroeg die volgende oggend het hulle na die dorpie vertrek in hulle pa se motor. Hulle het verby berge, wilde diere en teeplantasies gery. Hulle het die motors getel en liedjies gesing.

Frue la sekvan matenon, ili foriris vilaĝen en la aŭto de sia patro. Ili veturis preter montoj, sovaĝaj bestoj kaj teplantejoj. Ili kalkulis aŭtojn kaj kantis kantojn.


Na ‘n ruk was die kinders moeg en het aan die slaap geraak.

Post iom da tempo, la infanoj laciĝis kaj ekdormiĝis.


Pa het vir Odongo en Apiyo wakkergemaak toe hulle in die dorpie aankom. Daar het hulle hulle ouma, Nyar-Kanyada, gevind. Sy was besig om te rus op ‘n mat onder ‘n boom. Nyar-Kanyada in die Luo-taal beteken “dogter van die Kanyada stam.” Sy was ‘n sterk en pragtige vrou.

Patro vekis Odongon kaj Apijon dum ili alvenis en la vilaĝon. Ili trovis Nyar-Kanyada, sian avinon, ripozantan sur mato sub arbo. Nyar-Kanyada en Luo, signifas ‘filino de la popolo de Kanyada’. Ŝi estis forta kaj bela virino.


Nyar-Kanyada het hulle in die huis ingenooi en het in die kamer rondgedans en gesing van blydskap. Haar kleinkinders was opgewonde om die geskenke wat hulle saamgebring het vir haar te gee. “Maak my geskenk eerste oop,” het Odongo gesê. “Nee, myne eerste!” het Apiyo gesê.

Nyar-Kanyada bonvenigis ilin en la domon kaj dancis ĉirkaŭ la ĉambro kantante kun ĝojo. Ŝiaj genepoj ĝojis doni al ŝi la donacojn, kiujn ili alportis de la urbo. “Unue malfermu mian donacon,” diris Odongo. “Ne, mia donaco unue!” diris Apiyo.


Nadat Nyar-Kanyada die geskenke oopgemaak het, het sy haar kleinkinders op ‘n tradisionele manier geseën.

Post kiam ŝi malfermis la donacojn, Nyar-Kanyada benis siajn nepojn laŭ tradicia maniero.


Daarna het Odongo en Apiyo buite gaan speel. Hulle het skoenlappers en voëls gejaag.

Tiam Odongo kaj Apiyo iris eksteren. Ili postkuris papiliojn kaj birdojn.


Hulle het boomgeklim en in die meer geplas.

Ili grimpis arbojn kaj plaŭdis en la akvon de la lago.


Toe dit donker word, het hulle teruggegaan huis toe vir aandete. Nog voor hulle kon klaar eet, het hulle aan die slaap geraak!

Je mallumo, ili revenis al la domo por vespermanĝi. Antaŭ ol ili povis finmanĝi, ili endormiĝis!


Die volgende dag het die kinders se pa teruggery stad toe. Hy het die kinders by Nyar-Kanyada gelos.

La sekvan tagon, la patro de la infanoj veturis reen al la urbo lasante ilin kun Nyar-Kanyada.


Odongo en Apiyo het hulle ouma met die huistake gehelp. Hulle het water en vuurmaakhout gaan haal. Hulle het hoendereiers gaan uithaal en groente gepluk in die tuin.

Odongo kaj Apiyo helpis sian avinon pri hejmaj taskoj. Ili alportis akvon kaj brullignon. Ili kolektis ovojn de la kokinoj kaj plukis legomfoliojn el la ĝardeno.


Nyar-Kanyada het haar kinders geleer hoe om sagte papkoekies te maak wat ‘n mens saam met bredie eet. Sy het hulle gewys hoe om kokosneutrys saam met geroosterde vis te eet.

Nyar-Kanyada instruis siajn genepojn fari molan ugali por manĝi kun stufaĵo. Ŝi montris al ili kiel fari kokosan rizon por manĝi kun rostitaj fiŝoj.


Een oggend het Odongo sy ouma se koeie na die weiveld geneem. Hulle het tot op die buurman se plaas gehardloop. Die boer was baie kwaad vir Odongo. Hy het gedreig om die koeie vir homself te hou omdat hulle sy gewasse geëet het. Na daardie dag het die seun seker gemaak dat die koeie nie weer in die moeilikheid kom nie.

Unun matenon, Odongo prenis la bovinojn de sia avino por paŝti. Ili kuris sur la bienon de najbaro. La kamparano koleris kontraŭ Odongo. Li minacis posedi la bovinojn pro manĝado de siajn rikoltojn. Post tiu tago, la knabo certigis, ke la bovinoj ne faris problemojn denove.


Op ‘n ander dag het die kinders saam met Nyar-Kanyada mark toe gegaan. Sy het ‘n stalletjie gehad waar sy groente, suiker en seep verkoop. Apiyo het daarvan gehou om vir die mense te sê hoeveel die items kos. Odongo het die items wat die mense gekoop het vir hulle ingepak.

En alia tago, la infanoj iris al la bazaro kun Nyar-Kanyada. Ŝi havis budon por vendi legomojn, sukeron kaj sapon. Apiyo ŝatis diri al klientoj la prezon de varoj. Odongo pakus tion, kion aĉetis la klientoj.


Teen die einde van die dag het hulle saam tee gedrink. Hulle het Ouma gehelp om die geld wat sy verdien het te tel.

Je la fino de la tago ili kune trinkis chai-teon. Ili helpis avinon kalkuli la monon, kiun ŝi gajnis.


Maar gou was die vakansie verby en die kinders moes teruggaan stad toe. Nyar-Kanyada het vir Odongo ‘n pet gegee en vir Apiyo ‘n trui. Sy het kos ingepak vir hulle reis.

Sed tro baldaŭ finiĝis la ferioj kaj la infanoj devis reiri al la urbo. Nyar-Kanyada donis al Odongo ĉapon kaj al Apiyo puloveron. Ŝi pakis manĝaĵojn por ilia vojaĝo.


Toe hulle pa gekom het om hulle te haal, wou hulle nie weggaan nie. Die kinders het vir Nyar-Kanyada gesmeek om saam te gaan stad toe. Sy het geglimlag en gesê: “Ek is te oud vir die stad. Ek sal vir julle wag totdat julle weer in my dorpie kom kuier.”

Kiam ilia patro venis por venigi ilin, ili ne volis foriri. La infanoj petegis Nyar-Kanyadan, ke li iru kun ili al la urbo. Ŝi ridetis kaj diris: “Mi estas tro maljuna por la urbo. Mi atendos, ke vi revenu al mia vilaĝo.”


Odongo en Apiyo het haar albei ‘n stywe drukkie gegee en totsiens gesê.

Odongo kaj Apiyo ambaŭ brakumis ŝin forte kaj adiaŭis.


Terug by die skool het Odongo en Apiyo vir al hulle vriende van die lewe in die dorpie vertel. Sommige kinders het gedink dat die lewe in die stad lekkerder is. Ander het gevoel die lewe in the dorpie is beter. Maar almal het saamgestem dat Odongo en Apiyo ‘n wonderlike ouma het!

Kiam Odongo kaj Apiyo reiris al la lernejo, ili rakontis al siaj amikoj pri la vivo en la vilaĝo. Iuj infanoj sentis, ke la vivo en la urbo estas bona. Aliaj opiniis, ke la vilaĝo estas pli bona. Sed ĉefe ĉiuj konsentis, ke Odongo kaj Apiyo havas mirindan avinon!


Verkita de: Violet Otieno
Ilustrita de: Catherine Groenewald
Tradukita de: Fanie Viljoen, Helena Vilonel
Laŭtlegita de: Helena Vilonel
Lingvo: afrikansa
Nivelo: 4-a nivelo
Fonto: Holidays with grandmother el la Afrika Rakontolibro
Krea Komunaĵo Permesilo
Ĉi tiu verko estas disponebla laŭ la permesilo Krea Komunaĵo Atribuite 4.0 Tutmonda.
Opcioj
Reiri al la rakontolisto Elŝuti PDF-on