Andiswa het die seuns wie sokker gespeel het, dopgehou. Sy het gewens sy kon saamspeel. Sy het die afrigter gevra of sy nie saam met hulle kon oefen nie.
Andiswa spektis la knabojn ludi futbalon. Ŝi deziris aliĝi al ili. Ŝi demandis al la trejnisto, ĉu ŝi rajtas ekzerci sin kun ili.
Die afrigter het sy hande op sy heupe gesit. “By hierdie skool word net seuns toegelaat om sokker te speel,” het hy gesê.
La trejnisto metis la manojn sur la koksojn. “En ĉi tiu lernejo nur la knaboj permesas ludi futbalon,” li diris.
Die seuns het gesê sy moes gaan netbal speel. Hulle het gesê netbal is bedoel vir meisies en sokker vir seuns. Andiswa was baie ongelukkig.
La knaboj diris al ŝi, ke ŝi ludu retpilkon. Ili diris ke la retpilko estas por knabinoj, kaj futbalo estas por knaboj. Andiswa tre malĝojis.
Die skool het die volgende dag ‘n groot sokkerwedstryd gehad. Die afrigter was bekommerd, want sy beste speler was siek en kon nie speel nie.
La sekvan tagon estis granda futballudo ĉe la lernejo. La trejnisto maltrankviliĝis, ĉar lia plej bona futbalisto estis malsana kaj ne povis ludi.
Andiswa het na die afrigter toe gehardloop en by hom gepleit om haar te laat speel. Die afrigter was onseker wat om te doen. Hy het toe besluit dat Andiswa deel mag wees van die span.
Andiswa kuris al la trejnisto kaj petis lin lasi ŝin ludi. La trejnisto ne certis, kion fari. Tiam li decidis ke Andiswa povus aliĝi al la teamo.
Dit was ‘n harde wedstryd. Teen rustyd het niemand nog ‘n doel aangeteken nie.
La ludo estis malfacila. Neniu gajnis golon ĝis la ludomeza paŭzo.
Gedurende die tweede helfte van die wedstryd het een van die seuns die bal na Andiswa toe geskop. Sy het vinnig na die doelhok beweeg. Sy het die bal hard geskop en ‘n doel aangeteken.
Dum la dua duono de la matĉo, unu el la knaboj sendis la pilkon al Andiswa. Ŝi kuris rapide al la golejo. Ŝi forte piedbatis la pilkon kaj gajnis golon.
Die skare het gejuig. Van daardie dag af mag meisies ook sokker gespeel het in die skool.
La amaso freneziĝis per ĝojo. Ekde tiam, knabinoj ankaŭ permesis ludi futbalon ĉe la lernejo.