Dit was ‘n meisie wat eerste die vreemde vorm in die verte gesien het.
Estis knabineto kiu unue vidis la misteran formon en la malproksimo.
Soos die vorm nadergekom het, het die meisie gesien dat dit ‘n swanger vrou was.
Kiam la formo proksimiĝis, ŝi vidis ke ĝi estas tre graveda virino.
Skaam, maar dapper, het die meisie nader aan die vrou gestap. “Sy moet by ons bly,” het die meisie se mense gesê. “Ons sal haar en haar kind veilig hou.”
Sinĝena sed kuraĝa, la knabineto proksimiĝis al la virino. “Ni devas teni ŝin kun ni,” la popolo de la knabineto decidis. “Ni gardos ŝin kaj ŝian infanon sekure.”
Gou was die kind op pad. “Druk!” “Bring komberse!” “Water!” “Dru-u-uk!”
La infano baldaŭ ekvenis. “Puŝu!” “Alportu kovrilojn!” “Akvo!” “Puuuuuŝŝŝŝŝuuu!!!”
Maar toe hulle die baba sien, het almal van skok teruggedeins. “‘n Donkie!”
Sed kiam ili vidis la infaneton, ĉiuj saltis malantaŭen ŝokite. “Azeno?!”
Almal het begin stry. “Ons het gesê ons sal die ma en kind veilig hou, en dit is wat ons sal doen,” het sommiges gesê. “Maar hulle sal vir ons slegte geluk bring,” het ander gesê.
Ĉiuj ekdisputis. “Ni diris ke ni gardus la patrinon kaj la infanon sekure, kaj tion ni faros,” diris iuj. “Sed ili alportos al ni malbonŝancon!” diris aliuloj.
En so was die vrou weer alleen. Sy het gewonder wat sy met die vreemde kind moes doen. Sy het gewonder wat sy met haarself moes doen.
Kaj tiel la virino trovis sin sola denove. Ŝi demandis sin, kion ŝi faru kun tiu stranga infano. Ŝi demandis sin, kion ŝi faru kun si mem.
Maar uiteindelik het sy aanvaar dat hy haar kind was en sy was sy ma.
Sed finfine ŝi devis akcepti ke li estas ŝia infano kaj ŝi estas lia patrino.
As die kind maar so klein kon bly, sou alles dalk anders kon wees. Maar die donkie het gegroei en gegroei totdat hy later nie meer op sy ma se rug kon pas nie. Dit maak nie saak hoe hard hy probeer het nie, hy kon nie doen wat mense doen nie. Sy ma was gereeld moeg en gefrustreerd. Soms het sy hom werk laat doen wat vir diere bedoel was.
Nu, se la infano restis same malgranda, ĉio eble okazus alie. Sed la azeninfano grandiĝis kaj grandiĝis, ĝis li ne plu trovis lokon sur la dorso de sia patrino. Kaj kiom ajn li klopodis, li ne povis konduti sin kiel homo. Lia patrino estis ofte laca kaj ĉagrenita. Iufoje ŝi devigis lin fari bestan laboron.
Verwarring en woede het binne-in Donkie opgebou. Hy kon nie dít doen nie, en hy kon nie dát doen nie. Hy kon nie sús wees nie, en hy kon die só wees nie. Hy het later so kwaad geword, dat hy eendag sy ma tot plat op die grond geskop het.
Konfuzo kaj kolero kreskiĝis en Azeno. Li ne faru ĉi tion kaj li ne faru tion ĉi. Li ne kondutu sin tiel kaj li ne kondutu sin tiel. Li tiel koleriĝis ke iutage li piedbatis sian patrinon al la tero.
Donkie raak toe baie skaam. Hy het so ver en vinnig as moontlik weggehardloop.
Azeno pleniĝis de honto. Li forkuris tiom malproksimen kaj tiom rapide kiom li povis
Dit was al donker toe hy uiteindelik ophou hardloop het en Donkie het verdwaal. “Hie-ho?” het hy in die donker gefluister. “Hie-ho,” het dit ge-eggo. Hy was heeltemal alleen. Opgekrul in ‘n stywe balletjie het Donkie diep en onrustig aan die slaap geraak.
Kiam li ĉesis kuri, estis jam nokto, kaj Azeno perdiĝis. “I-a?” li flustris al la mallumo. “I-a?” ĝi resonis al li. Li estis sola. Li buklis sin strikte en pilkoformo kaj eniris profundan kaj maltrankvilan dormadon.
Toe Donkie wakker word, staar ‘n vreemde ou man op hom af. Hy het in die ou man se oë gekyk en ‘n sprankie hoop voel flikker.
Azeno vekiĝis kaj vidis strangan maljunulon, kiu fikse rigardis lin desupre. Li rigardis en la okulojn de la maljunulo kaj eksentis iom da espero.
Donkie het by die ou man gaan bly. Die man het hom geleer hoe om te oorleef. Donkie het geluister en geleer en die ou man ook. Hulle het mekaar gehelp en hulle het saamgelag.
Azeno restis kun la maljunulo, kiu instruis lin pri multaj diversaj manieroj vivteni sin. Azeno aŭskultis kaj lernis, samkiel la maljunulo. Ili helpis unu la alian, kaj ili kune ridis.
Een oggend het die ou man vir Donkie gevra om hom na die berg se spits te dra.
Iun matenon la maljunulo petis Azeno-n porti lin al montopinto.
Hoog tussen die wolke het hulle aan die slaap geraak. Donkie het gedroom sy ma is siek en dat sy na hom roep. En toe hy wakker skrik…
Alte inter la nuboj ili dormiĝis. Azeno sonĝis, ke lia patrino malsanas kaj vokis lin. Kaj tiam li vekiĝis…
…het die wolke verdwyn saam met sy vriend, die ou man.
… la nuboj estis malaperintaj, kune kun lia amiko, la maljunulo.
Donkie het uiteindelik geweet wat hy moes doen.
Azeno finfine sciis, kion fari.
Donkie het sy ma weer gevind. Sy was alleen en het oor haar verlore kind getreur. Hulle het lank na mekaar gestaar. Toe gee hulle mekaar ‘n stywe drukkie.
Azeno trovis sian patrinon, solan kaj funebrantan sian perditan infanon. Ili fikse rigardis unu la alian longtempe. Kaj tiam forte brakumis unu la alian.
Die donkie-kind en sy ma het weer vir mekaar lief geword. Hulle het geleer hoe om met mekaar saam te leef. Met tyd het ander gesinne langs hulle kom bly.
La azeninfano kaj lia patrino kreskis kunen kaj trovis multajn manierojn vivi kune. Iom post iom aliaj familioj ekloĝis ĉirkaŭe.