Hennetjie en Duisendpoot was vriende. Maar hulle het altyd teen mekaar gekompeteer. Op ‘n dag het hulle besluit om sokker te speel om te bepaal wie die beste speler is.
Koko kaj Milpiedulo estis amikoj. Sed ili ĉiam konkuris unu kontraŭ la alia. Iun tagon ili decidis ludi futbalon por vidi, kiu estis la pli bona ludanto.
Hulle het sokkerveld toe geloop en met hulle wedstryd begin. Hennetjie was vinnig, maar Duisendpoot was vinniger. Hennetjie het ver geskop, maar Duisendpoot het verder geskop. Hennetjie het knorrig begin raak.
Ili iris al la ludkampo kaj ekludis. Koko estis rapida, sed Milpiedulo estis pli rapida. Koko piedbatis malproksimen, sed Milpiedulo piedbatis pli malproksimen. Koko eksentis sin malkontenta.
Hulle het besluit om te kyk wie die meeste doele kon skop. Duisendpoot was eerste die doelwagter. Hennetjie het net een doel geskop. Daarna was dit Hennetjie se beurt om die doel te verdedig.
Ili decidis ludi punŝoton. Unue, Milpiedulo estis la golulo. Koko gajnis nur unu golon. Tiam estis la vico de Koko gardi la golejon.
Duisendpoot het die bal geskop en een punt aangeteken. Duisendpoot het die bal gedribbel en nog ‘n doel aangeteken. Duisendpoot het ‘n kopbal gespeel en nog ‘n doel aangeteken. Duisendpoot het altesaam vyf doele aangeteken.
Milpiedulo piedbatis la pilkon kaj faris golon. Milpiedulo piedbatis la pilkon kaj faris golon. Milpiedulo kapbatis la pilkon kaj faris golon. Milpiedulo gajnis kvin golojn.
Hennetjie was woedend omdat sy verloor het. Sy was ‘n slegte verloorder. Duisendpoot het begin lag omdat sy vriendin so ‘n groot bohaai opskop.
Koko koleregis, ĉar ŝi perdis la ludon. Ŝi estis tre malbona perdanto. Milpiedulo ekridis, ĉar lia amiko faris tiom da bruo pri tio.
Hennetjie was so kwaad dat sy besluit het om haar bek groot oop te maak en Duisendpoot in te sluk.
Koko tiel koleris ke ŝi larĝe malfermis la bekon kaj forglutis la milpiedulon.
Terwyl Hennetjie rustig huis toe geloop het, het sy vir Mamma Duisendpoot raakgeloop. Mamma Duisendpoot het gevra: “Het jy my kind gesien?” Hennetjie het nie geantwoord nie. Mamma Duisendpoot was baie bekommerd.
Dum Koko marŝis hejmen, ŝi renkontis Milpiedul-patrinon. Milpiedul-patrino demandis, “Ĉu vi vidis mian infanon?” Koko nenion diris. Milpiedul-patrino maltrankviliĝis.
Net toe Hennetjie begin loop, het Mamma Duisendpoot ‘n klein stemmetjie gehoor. “Help my Mamma!” het die stem geskree. Mamma Duisendpoot het soekend rondgekyk en versigtig geluister. Die stem het uit Hennetjie se maag gekom.
Tiam Milpiedul-patrino aŭdis voĉeton. “Helpu min, panjo!” kriis la voĉo. Milpiedul-patrino ĉirkaŭrigardis kaj aŭskultis atente. La voĉo venis el ene de la koko.
Mamma Duisendpoot het geskree: “Gebruik jou unieke krag, my kind!” Duisendpote kan ‘n slegte reuk en aaklige smaak afgee. Hennetjie het begin siek voel.
Milpiedul-patrino ekkriis, “Uzu vian specialan povon, mia infano!” La milpieduloj povas fari malbonan odoron kaj malbonan guston. Koko eksentis sin malsana.
Hennetjie het ‘n wind opgebreek. Toe het sy ‘n sluk gegee en gespoeg. Toe het sy genies en begin hoes en hoes. Duisendpoot was walglik!
Koko ruktis. Tiam ŝi glutis kaj kraĉis. Tiam ŝi ternis kaj tusis. Kaj tusis. La milpiedulo estis naŭzega!
Hennetjie het gehoes en geproes tot sy die duisendpoot wat in haar maag was, uitgehoes het. Mamma en Duisendpoot het vinnig teen ‘n boomstam opgeklim om te gaan wegkruip.
Koko tusis, ĝis ŝi eltusigis la milpiedulon kiu estis en ŝia stomako. Milpiedul-patrino kaj ŝia infano suprenrampis sur arbo kaj kaŝis sin.
Van daardie dag af is hoenders en duisendpote vyande.
Ekde tiam la kokoj kaj la milpieduloj estis malamikoj.