Haas het eendag langs die rivier verby gestap.
Iun tagon Kuniklo marŝis laŭ la riverbordo.
Seekoei was ook daar, hy was besig om die sappige groen gras te eet.
Hipo ankaŭ estis tie, kie li promenis kaj manĝis iom da bongusta verda herbo.
Seekoei het nie vir Haas gesien nie en per ongeluk op Haas se voet getrap. Haas het begin om op Seekoei te skree: “Jou Seekoei! Kan jy nie sien dat jy op my voet trap nie?”
Hipo ne vidis ke Kuniklo estis tie kaj ŝi senintence paŝis sur la piedo de Kuniklo. Kuniklo ekkriis al Hipo, “Vi, Hipaĉo! Ĉu vi ne vidis ke vi paŝas sur mia piedo?”
Seekoei het vir haas om verskoning gevra: “Ek is so jammer. Ek het jou nie gesien nie. Asseblief, vergewe my!” Haas wou egter nie luister nie en het op Seekoei geskree: “Jy het dit aspris gedoen! Jy sal nog sien, eendag sal jy kry wat jy verdien!”
Hipo pardonpetis al Kuniklo, “Mi tre bedaŭras. Mi ne vidis vin. Mi petas vian pardonon!” Sed Kuniklo ne volis aŭskulti kaj li kriis al Hipo, “Vi faris tion intence! Iutage vi vidos! Vi pagos!”
Haas het toe vir Vuur gaan haal en gesê: ” Gaan brand vir Seekoei wanneer sy uit die rivier uitkom om gras te eet. Sy het op my getrap!” Vuur antwoord vir Haas: “Geen probleem nie, Haas, my vriend. Ek sal doen net soos jy vra.”
Kuniklo iris trovi Fajron kaj diris, “Iru kaj bruligu Hipon, kiam ŝi elvenis de la akvo por manĝi herbon. Ŝi paŝis sur min!” Fajro respondis, “Neniu problemo, Kuniklo, mia amiko. Mi laŭ via demando faros.”
Later het Seekoei ver van die rivier af gras gaan eet. Ewe skielik “Woosj!” begin Vuur brand. Die vlamme het Seekoei se hare begin brand.
Poste Hipo estis manĝante herbon malproksime de la rivero, kiam, “Vus!” Fajro ekflamiĝis. La flamoj ekbruligis la hararon de Hipo.
Seekoei het begin huil en na die water toe gehardloop. Al haar hare was afgebrand deur die vlamme. Seekoei het aanhou huil: “My hare het afgebrand in die vuur! My hare is alles weg! My pragtige hare!”
Hipo ekploris kaj kuris al la akvo. Ŝia hararo tute forbrulis per la fajro. Hipo senĉese kriis, “Mia hararo forbrulis en la fajro! Mia hararo estas forbrulinta! Mia bela hararo!”
Haas was baie bly dat Seekoei se hare gebrand het. En tot vandag toe, oor hulle vrees vir vuur, gaan seekoeie nooit meer ver van die water af nie.
Kuniklo ĝojis ke la hararo de Hipo estis forbrulinta. Kaj ĝis nun, pro timo de fajro, la hipopotamoj neniam iras malproksime de la akvo.