In ‘n klein dorpie teen die hange van berg Kenia het ‘n klein dogtertjie in die landerye saam met haar ma gewerk. Haar naam was Wangari.
En vilaĝo sur la deklivoj de la Monto Kenjo en Orienta Afriko, infanineto laboris en la kampoj kun sia patrino. Ŝia nomo estis Wangari.
Wangari het dit baie geniet om buite te wees. In hulle familie se groentetuin het sy die grond losgemaak met haar panga en klein saadjies in die warm grond geplant.
Wangari amis esti ekstere. En la manĝĝardeno de sia familio, ŝi disrompis la grundon per sia maĉeto. Ŝi premis semetojn en la varmetan teron.
Net na sonsondergang was Wangari se gunstelingtyd van die dag. Wanneer dit so donker geword het dat sy nie meer die plante kon sien nie het sy geweet dat dit tyd was om huis toe te gaan. Sy het die smal paadjies deur die landerye gevolg en riviere oorgesteek soos sy gestap het.
Ŝia preferata horo de la tago estis tuj post la sunsubiro. Kiam la mallumo estis tro por vidi la plantojn, Wangari sciis ke venis la horo por hejmeniri. Ŝi sekvis the vojetojn tra la kampoj, trapasanta riverojn survoje.
Wangari was ‘n slim kind en kon nie wag om skool toe te gaan nie. Haar ma en pa wou gehad het dat sy tuis moet bly om hulle by die huis te help. Op sewejarige ouderdom het haar ouer broer haar ouers oortuig om haar skool toe te stuur.
Wangari estis lerta infano kaj atendis senpacience studi lerneje. Sed ŝia patrino kaj patro volis ke ŝi restu hejmen por helpi ilin. Kiam ŝi estis sepjaraĝa, ŝia pli aĝa frato persvadis iliajn gepatrojn permesi ŝin eniri la lernejon.
Sy het daarvan gehou om te leer! Met elke boek wat Wangari gelees het, het sy al hoe meer geleer. Sy het so goed presteer op skool dat sy uitgenooi is om in die Verenigde State van Amerika te gaan studeer. Wangari was baie opgewonde! Sy wou graag meer van die wêreld leer.
Ŝi ŝatis lerni! Wangari lernis pli kaj pli de ĉiu libro legita. Ŝi faris tiom bone lerneje ke ŝi estis invitita studi en Usono. Wangari estis ekcitita! Ŝi volis scii pli pri la mondo.
Wangari het baie nuwe dinge by die Amerikaanse universiteit geleer. Sy het geleer van plante en hoe hulle groei. Dit het haar laat terugdink aan die pragtige woude in Kenia waar sy grootgeword het en saam met haar broers onder die koeltebome gespeel het.
En la Usona universitato Wanari lernis multajn novajn aferojn. Ŝi studis plantojn kaj kiel ili kreskas. Kaj ŝi memoris kiel ŝi kreskis: ludanta kun ŝiaj fratoj en la ombro de la arboj en la belaj Kenjaj arbaroj.
Terwyl sy studeer het, het sy al hoe meer besef hoe lief sy die mense van Kenia gehad het. Sy wou hê hulle moes gelukkig en vry wees. Hoe meer sy geleer het, hoe meer het sy teruggedink aan haar tuiste in Afrika.
Ju pli ŝi lernis, des pli ŝi konstatis ke ŝi amis la homojn de Kenjo. Ŝi volis ke ili estu feliĉaj kaj liberaj. Ju pli ŝi lernis, des pli ŝi memoris sian Afrikan hejmon.
Nadat sy haar studies voltooi het, is sy terug Kenia toe maar haar land het verander. Daar was groot uitgestrekte plase regoor die land. Die vroue het nie meer hout gehad om vuur te maak nie. Die mense was arm en die kinders was honger.
Kiam ŝi finis siajn studojn, ŝi revenis al Kenjo. Sed ŝia lando ŝanĝiĝis. Grandegaj bienoj etendis tra la lando. Hominoj ne havis lignon por fari kuirfajrojn. La homoj estis malriĉaj kaj la infanoj malsatis.
Wangari het geweet wat om te doen. Sy het die vroue geleer hoe om met die plant van ‘n saadjie ‘n boom te laat groei. Die vroue kon die bome verkoop en die geld gebruik om na hulle gesinne om te sien. Die vroue was baie gelukkig. Wangari het hulle gehelp om suksesvol en sterk te wees.
Wangari sciis kion fari. Ŝi instruis la hominojn kiel kreskigi arbojn de semoj. La inoj vendis la arbojn kaj uzis la monon por prizorgi siajn familiojn. La hominoj estis tre feliĉaj. Wangari helpis ilin senti potenca kaj forta.
Soos die tyd verby gegaan het, het die nuwe bome grootgeword en tot woude gegroei. Die riviere het weer begin vloei. Wangari se boodskap het regoor Afrika versprei. Vandag is daar miljoene bome wat van Wangari se saadjies gegroei het.
Dum tempo pasis, novaj arboj kreskis arbaren, kaj la riveroj reekfluis. La mesaĝo de Wangari disvastiĝis tra Afriko. Hodiaŭ, milionoj da arboj kreskis de la semoj de Wangari.
Wangari het hard gewerk. Regoor die wêreld het mense van haar gehoor en sy het ‘n bekende prys verower. Ons noem hierdie prys die Nobelprys vir Vrede. Sy was die eerste vrou in Afrika wat die prys ontvang het.
Wangari laboris diligente. Homoj ĉirkaŭ la mondo rimarkis, kaj donis al ŝi faman premion. Ĝi estas nomita la Pac-Premio de Nobel, kaj ŝi estis la unuan Afrikan hominon iam ricevi ĝin.
Wangari het in 2011 gesterf, maar elke keer wat ons ‘n boom sien, kan ons aan haar dink.
Wangari mortis en 2011, sed ni povas pensi pri ŝi ĉiufoje ke ni vidas belan arbon.