Hierdie is die storie van Ngede, die heuningwyser, en ‘n gierige jong man met die naam Gingile. Eendag, terwyl Gingile gejag het, het hy Ngede se roep gehoor. Gingile se mond het begin water by die gedagte aan heuning. Hy het gestop, fyn geluister en gesoek totdat hy die voëltjie in die takke bokant sy kop gesien het. “Tjitik-tjitik-tjitik,” het die voëltjie geratel terwyl hy van boom tot boom gevlieg het. “Tjitik, tjitik, tjitik,” het hy geroep en soms gestop om seker te maak dat Gingile hom gevolg het.
Jen la historio de Ngede, la Mielgvida Birdo, kaj avida junulo nomata Gingile. Unu tagon dum Gingile estis ĉasanta li aŭdis la vokon de Ngede. La buŝo de Gingile komencis akvumi pro la penso pri mielo. Li haltis kaj aŭskultis atente, serĉante ĝis li vidis la birdon en la branĉoj super sia kapo. “Ĉitik-ĉitik-ĉitik”, krakis la birdeto, dum li flugis al la sekva arbo, kaj la sekva. “Ĉitik, ĉitik, ĉitik”, li vokis, haltante de tempo al tempo por esti certa, ke Gingile sekvas.
Na ‘n halfuur het hulle ‘n groot wildevyeboom bereik. Ngede het opgewonde tussen die takke rondgehop. Toe het hy op ‘n tak gaan sit met sy koppie na Gingile gedraai, asof hy wou sê: “Hier is dit! Kom nou! Waarom draai jy so?” Gingile kon nie enige bye van onder af sien nie, maar hy het Ngede vertrou.
Post duonhoro ili atingis grandan sovaĝan figarbon. Ngede freneze saltetis inter la branĉoj. Li tiam staris sur unu branĉo kaj klinis sian kapon al Gingile kvazaŭ dirante, “Jen ĝi! Venu nun! Kio okupas vin tiom longe?” Gingile ne povis vidi iujn abelojn de sub la arbo, sed li fidis Ngede.
Gingile het sy jagspies onder die boom neergesit, ‘n klompie droë takkies bymekaargemaak en ‘n klein vuurtjie gemaak. Toe die vuur goed gebrand het, het hy ‘n lang, droë stok in die vuur gedruk. Die soort hout was bekend daarvoor om baie te rook wanneer dit brand. Hy het begin om in die boom op te klim, terwyl hy die koue end van die rokende stok tussen sy tande vasgebyt het.
Do Gingile demetis sian ĉaslancon sub la arbon, kunigis kelkajn sekajn branĉetojn kaj faris fajreton. Kiam la fajro bone brulis, li metis longan sekan bastonon en la koron de la fajro. Ĉi tiu ligno estis speciale konata fari multon da fumo dum ĝi brulis. Li komencis grimpi, tenante la malvarmetan finon de la fumanta bastono en siaj dentoj.
Gou kon hy die harde gezoem van die besige bye hoor. Hulle het in en uit ‘n hol boomstam – hulle nes, gevlieg. Toe Gingile die bynes bereik, het hy die rokende stok in die holte gedruk. Die woedende bye het vinnig uitgevlieg. Hulle het weggevlieg omdat hulle nie van die rook gehou het nie – maar nie voordat hulle Gingile ‘n paar geniepsige steke gegee het nie!
Baldaŭ li aŭdis la laŭtan zumadon de la okupataj abeloj. Ili eniris kaj eliris el kavaĵo en la arbotrunko – sia abelujo. Kiam Gingile atingis la abelujon, li puŝis la fumantan finon de la bastono en la kavon. La abeloj elflugis, koleraj kaj kruelaj. Ili forflugis pro la fumon – sed ne antaŭ ol ili donis al Gingile dolorajn pikilojn!
Toe die bye uit was, het Gingile sy hande in die nes gesteek. Hy het handevol van die swaar heuningkoeke, wat vol ryk heuning en vet wit byelarwes was, uitgehaal. Hy het die heuningkoeke versigtig in sy skouersak gepak en begin afklim ondertoe.
Kiam la abeloj estis ekstere, Gingile puŝis siajn manojn en la neston. Li elprenis manplenojn da la peza mielĉelaro, gutanta per riĉa mielo kaj plena de dikaj, blankaj larvoj. Li metis la vaksaĵon zorge en la saketon, kiun li portis sur sian ŝultron, kaj komencis grimpi suben laŭ la arbo.
Ngede het alles wat Gingile gedoen het, gretig dopgehou. Hy het vir hom gewag om ‘n vet stuk heuningkoek as ‘n dankie-sê te gee omdat hy die heuning aangewys het. Ngede het van tak tot tak gefladder, nader en nader aan die grond. Uiteindelik het Gingile die voet van die boom bereik. Ngede het op ‘n rots naby die seun gaan sit en wag op sy beloning.
Ngede fervore spektis ĉion, kion Gingile faris. Li atendis, ke li lasu dikan pecon de mielĉelaro kiel dankoferon al la Mielgvidisto. Ngede flirtis de branĉo al branĉo, pli kaj pli proksime al la tero. Fine Gingile atingis la fundon de la arbo. Ngede sidis sur rokon proksime al la knabo kaj atendis sian rekompencon.
Maar Gingile het die vuur geblus, sy spies opgetel en begin huis toe loop, terwyl hy die voëltjie geïgnoreer het. Ngede het kwaad geroep, “VIK-torr! VIK-torrr!” Gingile het gestop, na die voëltjie gestaar en hardop gelag. “Jy wil heuning hê, né, my vriend? Ha! Maar ek moes al die werk doen en het al die bysteke gekry. Waarom sou ek hierdie wonderlike heuning met jou deel?” Hy het toe aangestap. Ngede was woedend! Dit was nie die manier om hom te behandel nie! Maar hy sou wraak neem.
Gingile estingis la fajron, prenis sian lancon kaj ekmarŝis hejmen, ignorante la birdon. Ngede kolere vokis, “VIC-torr! VIC-torrr!” Gingile haltis, fiksrigardis la birdeton kaj laŭte ridis. “Vi volas iom da mielo, ĉu ne, mia amiko? Ha! Sed mi faris la tutan laboron kaj ricevis ĉiujn de la pikojn. Kial mi dividu iun el ĉi tiu dolĉa mielo kun vi?” Poste li ekiris. Ngede furiozis! Ĉi tio ne estis maniero trakti lin! Sed li venĝos.
Eendag, ‘n paar weke later, het Gingile weer Ngede se heuningroep gehoor. Hy het die heerlike heuning onthou en die voëltjie weer gretig gevolg. Nadat Ngede vir Gingile al met die rand van die woud langs gelei het, het hy in ‘n reuse sambreelvormige doringboom gaan sit om te rus. “Aaa,” het Gingile gedink. “Die bynes moet in hierdie boom wees.” Hy het vinnig sy vuurtjie aangesteek en begin klim met die rokende tak tussen sy tande. Ngede het gesit en kyk.
Unu tagon pluraj semajnoj poste, Gingile denove aŭdis la mielan vokon de Ngede. Li memoris la bongustan mielon, kaj fervore sekvis la birdon denove. Post gvidado de Gingile laŭ la arbara rando, Ngede haltis por ripozi en granda ombrela dornarbo. “Ahh,” pensis Gingile. “La abelujo devas esti en ĉi tiu arbo.” Li rapide faris sian malgrandan fajron kaj komencis grimpi, la fumanta branĉo en liaj dentoj. Ngede sidis kaj rigardis.
Terwyl hy geklim het, het Gingile gewonder waarom hy nie die gewone gezoem gehoor het nie. “Miskien is die nes diep in die boom,” het hy gedink. Hy het homself aan nog ‘n tak opgetrek. Maar in plaas van die bynes het hy reg in die gesig van ‘n luiperd vasgekyk! Luiperd was smoorkwaad omdat haar slaap ru onderbreek is. Sy het haar oë geskreef en haar mond oopgemaak om haar groot en baie skerp tande te ontbloot.
Gingile grimpis, miranta kial li ne aŭdis la kutiman zumadon. “Eble la abelujo estas profunde en la arbo,” li pensis al si. Li tiris sin supren laŭ alia branĉo. Sed anstataŭ la abelujo, li fiksrigardis la vizaĝon de leopardo! Leopardo tre koleris pro la kruda interrompo de sia dormo. Ŝi duonfermis la okulojn kaj malfermis la buŝon por malkaŝi siajn tre grandajn kaj tre akrajn dentojn.
Voor Luiperd na Gingile kon kap, het hy vinnig teen die boom afgeklouter. In sy haas het hy ‘n tak gemis en met ‘n harde slag op die grond geland en sy enkel verstuit. Hy het so vinnig as moontlik weggehop. Gelukkig vir hom, was Luiperd nog te deur die slaap om hom te jaag. Ngede, die heuningwyser, het wraak geneem en Gingile het sy les geleer.
Antaŭ ol Leopardo povis ĵeti sin al Gingile, li rapidis suben laŭ la arbo. Pro hasto, li maltrafis branĉon, kaj alteriĝis peze sur la teron tordante sian maleolon. Li marŝis kiel eble plej rapide. Feliĉe por li, Leopardo ankoraŭ estis tro dormema por postkuri lin. Ngede, la Mielgvidisto, venĝis sin. Kaj Gingile lernis sian lecionon.
Sederdien, wanneer Gingile se kinders die storie van Ngede hoor, het hulle respek vir die voëltjie. Wanneer hulle heuning uithaal, maak hulle seker dat hulle die grootste deel van die heuningkoek vir die heuningwyser los!
Kaj do, kiam la infanoj de Gingile aŭdas la historion de Ngede, ili respektas la birdeton. Kiam ajn ili rikoltas mielon, ili certe lasas la plej grandan parton de la mielĉelaro por Mielgvidisto.