Elŝuti PDF-on
Reiri al la rakontolisto

Simbegwire Simbegwire

Verkita de Rukia Nantale

Ilustrita de Benjamin Mitchley

Tradukita de Marguerite van Wyk, Helena Vilonel

Laŭtlegita de Willemien Wannberg

Lingvo afrikansa

Nivelo 5-a nivelo

Laŭtlegi la tutan rakonton

Legrapideco

Aŭtomate ludi la rakonton


Toe Simbegwire se ma gesterf het, was sy baie hartseer. Simbegwire se pa het sy bes gedoen om vir sy dogter te sorg. Stadig het hulle geleer om weer gelukkig te wees sonder Simbegwire se moeder. Hulle het elke oggend gesit en praat oor die dag wat voorlê. Hulle het elke aand saam geëet. Nadat hulle die skottelgoed gewas het, het Simbegwire se pa haar met huiswerk gehelp.

Kiam la patrino de Simbegwire mortis, ŝi ege malĝojis. La patro de Simbegwire faris laŭeble plej bone por varti sian filinon. Malrapide ili eklernis kiel denove senti sin feliĉaj, sen la patrino de Simbegwire. Ĉiumatene ili sidiĝis kaj parolis pri la venonta tago. Ĉiuvespere ili kune preparis vespermanĝon. Post kiam ili lavis la manĝilaron, la patro de Simbegwire helpis ŝin fari sian hejmtaskon.


Eendag het Simbegwire se pa later tuisgekom as normaalweg. “Waar is jy, my kind?” het hy geroep. Simbegwire het na haar pa toe gehardloop. Sy het gaan stilstaan toe sy sien dat hy ‘n vrou se hand vashou. “Ek wil hê jy moet iemand spesiaal ontmoet, my kind. Dit is Anita,” het hy glimlaggend gesê.

Iun tagon, la patro de Simbegwire malfrue revenis hejmen. “Kie vi estas, mia infano?” li vokis. Simbegwire kuris al sia patro. Ŝi haltis senmove, kiam ŝi vidis ke li tenas la manon de iu virino. “Mi volas, ke vi renkontu iun specialan, mia infano. Jen Anita,” li diris ridete.


“Hallo Simbegwire, jou pa het my baie van jou vertel,” het Anita gesê. Maar sy het nie geglimlag of die meisie se hand gevat nie. Simbegwire se pa was gelukkig en opgewonde. Hy het gepraat oor die drie van hulle wat saam gaan woon en hoe goed hulle lewe sal wees. “My kind, ek hoop jy sal Anita aanvaar as jou ma,” het hy gesê.

“Saluton Simbegwire, via patro diris multe al mi pri vi,” diris Anita. Sed ŝi nek ridetis, nek prenis la manon de la knabino. La patro de Simbegwire ĝojis kaj ekscitiĝis. Li parolis pri la estonteco, kiam ili tri kune vivos, kaj kiel bona estos ilia vivo. “Mia infano, mi esperas ke vi akceptos Anita kiel patrinon,” li diris.


Simbegwire se lewe het verander. Sy het nie meer tyd gehad om soggens by haar pa te sit nie. Anita het haar so baie huispligte gegee dat sy te moeg was om haar skoolwerk in die aande te doen. Sy het reguit bed toe gegaan na ete. Haar enigste troos was die kleurvolle kombers wat haar ma vir haar gegee het. Simbegwire se pa het nie eers agtergekom dat sy dogter ongelukkig was nie.

La vivo de Simbegwire ŝanĝiĝis. Ŝi ne plu havis tempon por sidi matene kun sia patro. Anita donis tiom da hejmtaskoj al ŝi, ke ŝi estis tro laca por fari siajn lernejajn taskojn vespere. Post la vespermanĝo ŝi tuj enlitiĝis. Ŝia sola konsolo estis ŝia kolora lankovrilo, kiun ŝia patrino donis al ŝi. La patro de Simbegwire ŝajne ne rimarkis, ke lia filino malĝojas.


‘n Paar maande later het Simbegwire se pa vir hulle gesê dat hy vir ‘n rukkie gaan weg wees van die huis af. “Ek moet weggaan vir my werk,” het hy gesê. “Maar ek weet julle sal mooi na mekaar kyk.” Simbegwire se gesig het geval, maar haar pa het dit nie agtergekom nie. Anita het niks gesê nie. Sy was ook nie gelukkig nie.

Post kelkaj monatoj la patro de Simbegwire diris al ili ke li foriros iom da tempo. “Mi devas vojaĝi por mia laboro,” li diris. “Sed mi scias ke vi ambaŭ prizorgos unu la alian.” La vizaĝo de Simbegwire malridetis, sed ŝia patro ne rimarkis pri tio. Anita nenion diris. Ankaŭ ŝi ne ĝojis.


Dinge het erger geraak vir Simbegwire. As sy nie haar huispligte klaargemaak het nie, of as sy gekla het, het Anita haar geslaan. Gedurende aandetes het die vrou die meeste van die kos geëet en vir Simbegwire slegs ‘n paar stukkies oorskiet gelos. Simbegwire het haarself elke aand aan die slaap gehuil, terwyl sy haar ma se kombers vasgehou het.

La situacio malboniĝis por Simbegwire. Se ŝi ne finfaris siajn taskojn, aŭ ŝi plendis iomete, Anita batis ŝin. Kaj dum la vespermanĝo, la virino manĝis la plejparton de la manĝaĵo, lasante nur kelkajn restaĵojn por Simbegwire. Ĉiuvespere Simbegwire ploris, ĝis ŝi ekdormis, brakumanta la lankovrilon de sia patrino.


Een oggend het Simbegwire laat opgestaan. “Jou lui meisie!” het Anita op haar geskree. Sy het Simbegwire uit die bed gepluk. Die kosbare kombers het aan ‘n spyker vasgehaak en in twee geskeur.

Iun matenon Simbegwire malfrue ellitiĝis. “Vi estas pigrulino!” Anita kriis. Ŝi eltiris Simbegwire el la lito. La valora lankovrilo kroĉiĝis sur najlo kaj duoniĝis.


Simbegwire was baie ontsteld. Sy het besluit om weg te loop. Sy het die stukke van haar ma se kombers gevat, kos gepak en die huis verlaat. Sy het die pad wat haar pa gevat het, gevolg.

Simbegwire malĝojegis. Ŝi decidis forkuri de sia hejmo. Ŝi prenis la pecojn de la lankovrilo de sia patrino, pakis iom da manĝaĵo kaj foriris el la domo. Ŝi sekvis la vojon, kiun prenis ŝia patro.


Toe dit laat raak, het sy in ‘n boom naby ‘n stroom geklim en vir haarself ‘n bed in die takke gemaak. Terwyl sy aan die slaap raak, het sy gesing: “Mamma, Mamma, Mamma, jy het my verlaat. Jy het my verlaat en nooit weer teruggekom nie. Pappa het my nie meer lief nie. Mamma, wanneer kom jy terug? Jy het my verlaat.”

Kiam vesperiĝis, ŝi surgrimpis altan arbon apud rivereto kaj pretigis liton por si mem en la branĉoj. Dormonte, ŝi kantis, “Panjo, panjo, panjo, vi forlasis min. Vi forlasis min kaj neniam revenis. Paĉjo ne plu amas min. Panjo, kiam vi revenos? Vi forlasis min.”


Die volgende oggend het Simbegwire die liedjie weer gesing. Toe die vroue hulle klere by die stroom kom was, het hulle die hartseer liedjie vanuit die groot boom gehoor. Hulle het gedink dit was net die wind wat die blare ritsel en het met hul werk voortgegaan. Maar een van die vroue het baie aandagtig na die liedjie geluister.

La sekvan tagon Simbegwire kantis la kanton denove. Kiam la virinoj venis por lavi siajn vestaĵojn en la rivereto, ili aŭdis la malfeliĉan kanton, kiu eliris de la alta arbo. Ili kredis, ke tio estas nur la vento, kiu susuras en la folioj, kaj daŭre faras sian laboron. Sed unu el la virinoj aŭskultis atente la kanton.


Hierdie vrou het in die boom opgekyk. Toe sy die meisie en die stukke van die kleurvolle kombers sien, het sy geskree: “Simbegwire, my broer se kind!” Die ander vroue het opgehou met klere was en vir Simbegwire gehelp om uit die groot boom te klim. Haar tannie het haar omhels en haar probeer troos.

Tiu virino suprenrigardis en la arbon. Kiam ŝi vidis la knabinon kaj la pecojn de la kolora lankovrilo, ŝi ekkriis, “Simbegwire, infano de mia frato!” La aliaj virinoj haltigis la lavadon kaj helpis Simbegwire grimpi malsupren el la arbo. Ŝia onklino brakumis la knabineton kaj klopodis konsoli ŝin.


Simbegwire se tannie het die kind na haar huis toe gevat. Sy het vir Simbegwire warm kos gegee en haar in die bed gesit met haar ma se kombers. Simbegwire het haarself aan die slaap gehuil daardie aand. Maar dit was trane van verligting. Sy het geweet haar tannie sal na haar kyk.

La onklino de Simbegwire portis la infanon al sia hejmo. Ŝi donis varman manĝaĵon kaj enlitigis ŝin per la kovrilo de ŝia patrino. Tiu nokto Simbegwire ploris, ĝis ŝi ekdormis. Sed tiuj estis larmoj de malŝarĝiĝo. Ŝi sciis, ke ŝia onklino vartos ŝin.


Toe Simbegwire se pa terugkom, het hy gesien haar kamer is leeg. “Wat het gebeur, Anita?” het hy met ‘n swaar hart gevra. Die vrou het verduidelik dat Simbegwire weggeloop het. “Ek wou gehad het sy moet my respekteer,” het sy gesê. “Maar miskien was ek te streng.” Simbegwire se pa het die huis verlaat en het die rigting van die stroom gevolg. Hy het na sy suster se dorp toe gegaan om te gaan uitvind of een van hulle haar nie dalk gesien het nie.

Kiam la patro de Simbegwire revenis hejmen, li trovis ke ŝia ĉambro estas malplena. “Kio okazis, Anita?” li demandis pezkore. La virino klarigis ke Simbegwire jam forkuris. “Mi nur volis ke ŝi respektu min,” ŝi diris. “Sed eble mi tro severis.” La patro de Simbegwire foriris el la domo kaj iris en la direkto de la rivereto. Li daŭre iris al la vilaĝo de sia fratino por sciiĝi, ĉu ŝi vidis Simbegwire.


Simbegwire het met haar nefies gespeel toe sy haar pa van ver af sien aankom. Sy was bang dat hy dalk kwaad gaan wees, daarom het sy in die huis in gehardloop om weg te kruip. Maar haar pa het vir haar gesê: “Simbegwire, jy het die perfekte ma vir jouself gevind. Een wat jou liefhet en jou verstaan. Ek is trots op jou en ek is lief vir jou.” Hulle het ooreengekom dat Simbegwire by haar tannie gaan bly vir solank as wat sy wil.

Simbegwire ludis kun siaj kuzoj, kiam ŝi vidis malproksime sian patron. Ŝi timis ke li eble koleras, do ŝi kuris en la domon por kaŝi sin. Sed ŝia patro iris al ŝi kaj diris, “Simbegwire, vi jam trovis perfektan patrinon por vi mem. Iu, kiu amas vin kaj komprenas vin. Mi fieras pri vi kaj mi amas vin.” Ili konsentis ke Simbegwire restu kun sia onklino tiom longe, kiom ŝi volos.


Haar pa het elke dag by haar gaan kuier. Op die ou end het Anita saamgegaan. Sy het na Simbegwire se hand uitgereik. “Ek is so jammer kleintjie, ek was verkeerd,” het sy gehuil. “Sal jy my weer laat probeer?” Simbegwire het na haar pa se bekommerde gesig gekyk. Toe tree sy stadig vorentoe en sit haar arms om Anita.

Lia patro vizitis ŝin ĉiutage. Fine li venis kune kun Anita. Ŝi etendis sin kaj prenis la manon de Simbegwire. “Mi tre bedaŭras, mia etulo, mi eraris,” ŝi kriis. “Ĉu vi jam permesos min reprovi?” Simbegwire rigardis sian patron kaj lian maltrankvilan vizaĝon. Tiam ŝi paŝis malrapide antaŭen kaj ĉirkaŭbrakis Anita.


Die volgende week het Anita vir Simbegwire, haar nefies en haar tannie genooi om by hulle te kom eet. Wat ‘n fees! Anita het al Simbegwire se gunstelinggeregte voorberei en almal het geëet totdat hulle versadig was. Toe het die kinders speletjies begin speel, terwyl die volwassenes gesels het. Simbegwire het gelukkig en dapper gevoel. Sy het besluit dat sy binnekort weer sal terugkeer huis toe om saam met haar pa en haar stiefma te lewe.

La sekvan semajnon Anita invitis Simbegwire, kune kun ŝiaj kuzoj kaj onklino, al la domo por manĝi. Kia manĝego ĝi estis! Anita pretigis ĉiujn el la plej amataj manĝaĵoj de Simbegwire, kaj ĉiuj manĝis ĝis sato. Poste la infanoj ludis, dum la plenkreskuloj diskutis. Simbegwire sentis sin feliĉa kaj kuraĝa. Ŝi decidis ke post nelonge ŝi revenos hejmen por vivi kune kun sia patro kaj duonpatrino.


Verkita de: Rukia Nantale
Ilustrita de: Benjamin Mitchley
Tradukita de: Marguerite van Wyk, Helena Vilonel
Laŭtlegita de: Willemien Wannberg
Lingvo: afrikansa
Nivelo: 5-a nivelo
Fonto: Simbegwire el la Afrika Rakontolibro
Krea Komunaĵo Permesilo
Ĉi tiu verko estas disponebla laŭ la permesilo Krea Komunaĵo Atribuite 3.0 Tutmonda.
Legi pliajn rakontojn de la 5-a nivelo:
Opcioj
Reiri al la rakontolisto Elŝuti PDF-on