Lank, lank gelede het die mense niks geweet nie. Hulle het nie geweet hoe om gewasse te plant of klere te weef of hoe om gereedskap van yster te maak nie. Die god Nyame bo in die lug het al die wysheid van die wêreld gehad. Hy het dit in ‘n kleipot bewaar.
Longe, longe antaŭe la homoj ne sciis ion ajn. Ili ne sciis kiel farmi kultivaĵojn aŭ kiel teksi tukojn aŭ kiel fari ferajn ilojn. La dio Nyame supre en la ĉielo havis ĉiun saĝecon de la mondo. Li tenis ĝin sekura en argila kruĉo.
Op ‘n dag het Nyame besluit om die pot met wysheid vir Anansi te gee. Elke keer as Anansi in die pot gekyk het, het hy iets nuuts geleer. Dit was so opwindend!
Unu tagon, Nyame decidis ke li donos la kruĉon de saĝeco al Anansi. Ĉiam kiam Anansi rigardis en la argilan kruĉon, li lernis ion novan. Ĝi estis tiel ekscita!
Gierige Anansi het gedink: “Ek sal die pot veilig in die top van ‘n hoë boom bewaar. Dan kan ek alles vir myself hê!” Hy het ‘n lang draad gespin, dit rondom die kleipot gedraai en aan sy maag vasgemaak. Hy het begin om in die boom op te klim. Dit was moeilik om boom te klim met die pot wat die heeltyd teen sy knieë stamp.
Avida Anansi pensis, “mi tenos la kruĉon ĉe la supro de alta arbo. Tiel mi povas havi ĉion por mi mem!” Li ŝpinis longan fadenon, bobenis ĝin ĉirkaŭ la argilan kruĉon kaj ligis ĝin al sia stomako. Li komencis grimpi la arbon. Sed estis malfacile grimpi la arbon kun la kruĉo frapanta liajn genuojn la tutan tempon.
Die heeltyd het Anansi se seuntjie onder die boom gestaan en hom dopgehou. Hy het gesê: “Sou dit nie makliker wees om te klim as jy die pot op jou rug vasmaak nie?” Anansi het probeer om die pot vol wysheid op sy rug vas te maak, en dit was regtig baie makliker.
La tutan tempon la juna filo de Anansi estis observanta malsupre ĉe la trunko de la arbo. Li diris, “Ĉu ne estus pli facile grimpi se vi anstataŭe ligus la kruĉon al via dorso?” Anansi provis ligi la argilan kruĉon plenan de saĝeco al sia dorso, kaj tio vere estis multe pli facila.
Gou-gou het hy die boomtop bereik, maar toe stop hy en dink: “Ek is veronderstel om die een met al die wysheid te wees, en hier was my seun slimmer as ek!” Anansi was so kwaad hieroor dat hy die kleipot uit die boom uit gegooi het.
Tujtuje li atingis la supron de la arbo. Sed tiam li haltis pensante, “mi devus esti tiu kiu havas ĉiun saĝecon sed jen mia filo estis pli lerta ol mi!” Anansi estis tiel kolera pri tio ĉi ke li ĵetis la argilan kruĉon malsupren for de la arbo.
Dit het aan skerwe gespat toe dit die grond tref. Die wysheid was verniet vir almal om in te deel. Dit is hoe die mense geleer het hoe om te boer, klere te weef, gereedskap van yster te maak en al die ander dinge te doen wat mense weet hoe om te doen.
Ĝi frakasiĝis en pecojn sur la tero. La saĝeco estis libera por dividiĝi inter ĉiuj. Kaj tiel la homoj lernis farmi, teksi tukojn, fari ferajn ilojn, kaj ĉiujn aliajn aferojn kiujn homoj scias fari.